Ses beseer, een kritiek, na kop-aan-kop
2011-01-15 17:06
Durban – Ses mense is vroeg Saterdagoggend beseer in ‘n kop-aan-kop-botsing in Pietermaritzburg.
Die ongeluk rondom 5:00, op die hoek van Slangspruit- en Newportstraat, het een persoon in ‘n kritieke toestand gelaat.
Besonderhede rondom die voorval is nog nie bekend nie, maar volgens Netcare911-woordvoerder Chris Botha sal die saak deur die polisie ondersoek word.
Volgens paramedici was die wrakstukke van die motors wat in die ongeluk betrokke was oor die kruising versprei toe hulle op die toneel aankom.
Die slagoffers is by die ongeluk behandel en daarna na nabygeleë hospitale geneem vir verdere sorg.
Volg Nuus24 op Twitter.