Sersant vas vir korrupsie
2011-09-30 10:17
Johannesburg – ‘n Polisiesersant is in hegtenis geneem nadat hy omkoopgeld van ‘n lid van die publiek versoek het, het die Gautengse polisie Vrydag gesê.
Die voorval het gebeur toe ‘n man probeer het om ‘n saak by die Diepsloot-polisiestasie aan te meld.
Ao. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, sê die sersant het ‘n man R100 gevra om ‘n saak van huisbraak en diefstal aan te meld.
“... Hy wou nie die klaer se verklaring neem totdat hy betaal is nie,” het Mavimbela gesê.
Die klaer het die saak by die plaaslike gemeenskap se polisieforumlede aangemeld en daarna is die saak verder na die polisie geneem.
‘n Saak van korrupsie word ondersoek.
Mavimbela sê die 42-jarige sersant sal eersdaags in die Pretoriase landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA