Sensus: R10 000-boete as jy jok
2011-10-22 08:17
Pietermaritzburg – Mense wat weier om aan die sensus deel te neem, kan met tot R10 000 beboet word.
Trevor Oosterwyk, ’n woordvoerder van Statistieke SA, het gister gesê onwilliges kan volgens wet alternatiewelik ses maande gevangenisstraf opgelê word – of hulle kan hulle albei strawwe op die hals haal.
Die opname eindig oor net meer as ’n week, maar weerstand steek gereeld kop uit.
In KwaZulu-Natal het sommige mense byvoorbeeld verkeerde salarisbesonderhede verskaf omdat hulle bang is dit beïnvloed dienslewering in hul gebied.
Oosterwyk het dit as belaglik afgemaak.
“Die rol van ’n bevolkings- en behuisingsopname is net om gedetailleerde inligting in te samel oor die bevolkingsgrootte, -samestelling en -verspreiding.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Beeld