Senior verkeersman vas ná ‘omkopery’

2010-03-10 09:07
Tweets Share Share line Print

Jodine Cloete

Kaapstad - ’n Senior verkeersbeampte wat na bewering omkoopgeld by ’n verkeersoortreder wou hê sodat hy nie ’n boete vir hom uitskryf nie, is Dinsdag in hegtenis geneem en sal vandag in op aanklag van korrupsie in die hof verskyn.

Die beampte is by die Hillstar-verkeersdepartement in Ottery in hegtenis geneem.

Die verdagte het glo R160 van die verkeersoortreder gevra en het die man daarna na ’n kitsbank geneem om die kontant te trek.

Die man het die voorval by die polisie aangemeld en ondersoek is ingestel.

Die verdagte is tans in aanhouding by die Bellville-polisiestasie en sal vandag in die Wynbergse landdroshof verskyn.

Volgens Richard Bosman, uitvoerende direkteur van die stad se afdeling vir veiligheid en sekuriteit, kan hulle nie bekend maak waar die voorval plaasgevind het nie omdat dit die ondersoek kan belemmer.

Hy het bygevoeg dat dit die tweede geval vanjaar is “waar ’n verkeersbeampte sy posisie misbruik en daarna vervolg word”.

J.P. Smith, Kaapstadse burgemeesters­komiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê beamptes wat hulle aan korrupsie skuldig maak, gee die diens ’n slegte naam.

“Verkeersbeamptes moet besef hulle gaan uitgevang word. Hulle moet ook weet dat daar ernstige stappe teen hulle gedoen sal word.”

Speurders van die Valke en die Stad Kaapstad se afdeling vir veiligheid en sekuriteit het die voorval ondersoek.
 

- Die Burger

 

Lees meer oor: bedrog  |  omkopery

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Nou ja, dan moet die DA se veldtog om 'n jeugloonsubsidie in te stel ondersteun word teen die Cosatu voetslepers en klipgooiers... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.