Senior verkeersbeampte skuldig aan wanbestuur
2012-01-27 20:02
Johannesburg – 'n Senior beampte by Uitenhage se verkeersdepartement is afgedank nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van wanbestuur, het 'n munisipale woordvoerder gesê.
Dennis Januarie is skuldig bevind op 16 aanklagte van oneerlikheid, het Kupido Baron, 'n woordvoerder vir die Nelson Mandelbaai-munisipaliteit in die Oos-Kaap gesê.
Januarie is daarvan skuldig bevind dat hy aan sy personeellede gesê het om onwettige transaksies te doen en ook omdat hy nie sy pligte tot die beste van sy vermoë uitgevoer het nie, het Baron gesê.
Januarie is saam met sewe ander kollegas in Desember 2008 geskors. 'n Negende personeellid is later geskors.
Dissiplinêre stappe moet nog teen die ander geneem word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA