Senior Cope-lede verwag glo ‘tweede Polokwane’

2010-05-21 09:15
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Cope se nasionale leierskongres gaan voort – kom wat wil.

Só het die party se sekretaris-generaal, Charlotte Lobe, Donderdag in ’n sterk bewoorde brief aan partylede gesê.

Ná weke se bespiegeling of Cope uiteindelik sy kongres sal hou of nie, het Lobe rug styf gemaak. Veral Mosiuoa Lekota, partyleier, en Smuts Ngonyama, Cope se beleidshoof, het die afgelope week gesuggereer dat die party nie gereed is vir ’n nasionale leiersverkiesing nie.

Sy het gewaarsku dat daar “streng” teen ongedissiplineerde leiers opgetree sal word wat die party se naam in oneer bring.

Maar sommige senior partylede vrees dat ’n “tweede Polokwane” Cope se voorland is waar ondersteuners van Lekota uit sleutelposte gedryf sal word indien Mbhazima Shilowa tot partyleier verkies word. Boonop is daar sterk aanduidings dat ’n “gelyklopende” kongres gehou sal word deur ontevrede Cope-lede wat nie volgende week se nasionale kongres gaan bywoon nie.

Daar is ook bewerings dat ondersteuners van Shilowa ’n veldtog beplan om ontslae te raak van LP’s en LPP’s wat Lekota as leier ondersteun. JJ Tabane, ­Cope-woordvoerder, het dié aantyging egter heftig ontken. “Daar is nie sprake van so iets nie.”

Volgens hom is dit so dat Lekota-ondersteuners voorbrand maak dat hy tot parlementêre leier verkies moet word indien die huidige ampsbekleër, eerw. Mvume Dandala, tot sekretaris-generaal verkies word. Dandala is die Shilowa-groep se voorkeurkandidaat vir die pos van sekretaris-generaal.

Intussen is ’n gesamentlike verklaring Donderdag deur Cope se provinsies, jeug- en vrouebewegings uitgereik waarin hulle verklaar dat hulle die voorgenome kongres ondersteun en dat Shilowa hul voorkeurkandidaat vir partyleier is.

- Die Burger

Lees meer oor: politiek  |  cope

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Nou ja, dan moet die DA se veldtog om 'n jeugloonsubsidie in te stel ondersteun word teen die Cosatu voetslepers en klipgooiers... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.