Selfregulerende media is beter – Langa

2011-07-07 21:59
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die vryheid van uitdrukking word bevorder deur ‘n media wat homself reguleer, het die voormalige hoofregter Pius Langa Donderdag gesê.

“As ek oorsee is en gevra word oor my voorkeure rakende die regulering van die pers en die media, moet ek praat oor die dinge waarop ek trots is in Suid-Afrika... ek sal veel eerder praat oor ‘n media wat selfregulerend is as een wat deur die staat gereguleer word,” het hy by die bekendstelling van die Persvryheidsraad in Melville gesê.

Dié onafhanklike kommissie, wat deur Print Media SA en die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) van stapel gestuur is, sal internasionale praktyke bestudeer om met die beste vorm van selfregulering vir die Suid-Afrikaanse drukmedia vorendag te kom.

“Die Persvryheidsraad is ‘n onafhanklike ondersoekende kommissie wat na die regulering van drukmedia sal kyk.

“Die raad sal kyk na verskeie vorme van regulering in terme van persregulering... om ‘n onafhanklike blik op selfregulering van die drukmedia in Suid-Afrika te werp,” het Langa gesê.

Die raad is opgestel in reaksie op die ANC se voorstel vir ‘n mediatribunaal, wat in 2007 na vore gekom het. Die ANC het verlede jaar besluit die parlement sal die beste daartoe in staat wees om die vatbaarheid van só ‘n idee te ondersoek.

Die ANC se voorstel van ‘n mediatribunaal het skokgolwe deur die mediawêreld in Suid-Afrika gestuur, wat besorgdheid uitgespreek het oor die effek wat die tribunaal op persvryheid sal hê.

Mondli Makhanya, Sanef-voorsitter, het gesê die doel van die kommissie is nie om die ANC te keer om voort te gaan met die tribunaal nie.

“Dit is die ANC se proses daardie... wat ons van die kommissie vra, is om ‘n Rolls Royce te vervaardig. Ons uitgangspunt oor staatregulering is duidelik.”

Hy het gesê Sanef wil die “mees effektiewe” stelsel van selfregulering in die land hê. In die lig van die kritiek wat die media ontvang, het Makhanya gesê Sanef en die nuwe raad het gekies om “nie ons ore toe te maak nie”.

“Ons het gesê ons moet introspeksie pleeg,” het hy gesê.

Langa sal die voorsitter van die kommissie van nege lede wees. Die lede verteenwoordig die sakesektor, ‘n geloofsgebaseerde organisasie, die akademia, die gereg en georganiseerde arbeid. ‘n Internasionale lid sal ook deel van die kommissie uitmaak.

“Die hoofdoel van die kommissie... is om persvryheid te verseker, ter ondersteuning van die verbetering van ons demokrasie,” het hy gesê.

Die kommissie hoop om teen Maart volgende jaar vatbare strategieë op die tafel te kan plaas.

- Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lees meer oor: pius langa  |  mediatribunaal  |  sanef

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Nou ja, dan moet die DA se veldtog om 'n jeugloonsubsidie in te stel ondersteun word teen die Cosatu voetslepers en klipgooiers... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.