Selebi weer terug in tronkhospitaal
2011-12-19 09:01
Johannesburg – Die oudpolisiehoof Jackie Selebi is uit die Steve Biko- akademiese hospitaal in Pretoria ontslaan en nou weer in die tronkhospitaal.
Selebi (61) is verlede week in die Steve Biko-hospitaal opgeneem vir verdere behandeling.
Zacharia Modise, hoof-adjunkkommissaris van korreksies van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het Sondag gesê Selebi is Woensdag ontslaan. “Dit gaan nie goed met hom nie, hoewel sy toestand verbeter het,” het Modise gesê.
Modise wou steeds nie uitwei oor wat hom makeer nie, maar het gesê Selebi se toestand word deurentyd dopgehou.
Selebi se familie het versoek dat daar nie oor sy gesondheid uitgewei word nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Beeld