Selebi 'te siek' vir tronkhospitaal
2011-12-11 13:00
Pretoria – Die voormalige nasionale polisiehoof Jackie Selebi "benodig spesialisbehandeling wat nie deur 'n tronkhospitaal verskaf kan word nie".
Só sê Wynanda Coetzee, Selebi se prokureur, wat Saterdag gesê het Selebi is steeds "ernstig siek".
Selebi het verlede naweek in die Jakaranda-hospitaal in Pretoria deurgebring nadat sy aansoek om appèl teen sy skuldigbevinding aan bedrog in die appèlhof in Bloemfontein van die hand gewys is.
Hy moes hom binne 48 uur vir sy tronkstraf van 15 jaar aanmeld, maar het blykbaar ineengestort nadat hy van die appèlhof se beslissing gehoor het.
'n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik en hy is Maandagmiddag na die hospitaalafdeling van Pretoria-Sentraal-gevangenes geneem.
Sibongile Khumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê:"Hy is buite gevaar. Ons wil sy familie se wense respekteer en sy mediese toestand privaat hou."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter