'Selebi se vrou het rekeninge hanteer'

2009-11-10 14:35
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Vernuwings aan Jackie Selebi, voormalige polisiekommissaris se huishouding, kan sekere aspekte in sy bestedingspatroon verduidelik, het die Suid-Gautengse hooggeregshof Dinsdag gehoor.

Adv. Jaap Cilliers SC, het aan Dean Friedman, forensiese deskundige, gesê hoewel daar in 2005 ‘n afname in Selebi se uitgawes was, kon Selebi in vorige maande groot hoeveelhede geld uitgegee het.

Friedman, die vierde persoon om die getuiebank in te neem, is besig om te getuig oor ‘n KPMG-verslag wat handel oor Selebi se finansiële sake, asook die bankrekening van Spring Lights.

Hy het voorheen gesê dat gevolgtrekkings gemaak kan word oor die feit dat Selebi se uitgawes van sy tjekrekening en kredietkaarte in 2005 afgeneem het.

Maar Cilliers het dit aan Friedman gestel dat in plaas van ‘n afname in 2005, het Selebi meer geld as gewoonlik gespandeer.

“Dit is nie ‘n situasie waar jy ‘n dramatiese daling in betalings van die rekening het nie, maar liewer ‘n styging in betalings in die periode voor dit,” het Cilliers gesê.
 
Cilliers het aangegaan om in detail tjekbetalings aan maatskappye te bespreek, met name waarop Friedman saamgestem het, en wat eienskappe het van dié wat betrokke is by die bou van huise.
 
Hy het ook tjeks aangedui wat uit Selebi se rekening aan Rosebank-kollege en die Universiteit van Johannesburg uitgemaak was.

“Die rede vir die styging in betalings in die periode voor die verslag, was vir vernuwings aan die huishouding teen einde 2004 sowel as sekere vernuwings gedurende middel 2005, en ook universiteitkostes,” het Cilliers gesê.

Die hof het ook gehoor dat Selebi se vrou in beheer van die huishouding se rekeninge was.

“Mev. Selebi was in totale beheer van die huishouding se finansiële sake. Mnr. Selebi was nie die tipe mens wat hom by sulke sake betrek nie,” het Cilliers gesê.

Hy het ook vir die hof die bestaan van ‘n spaarrekening, wat in mev. Selebi se naam geregistreer is, gewys. Die rekords van die rekening toon dat sy ‘n uitbetaling van ‘n polis na haar suster se dood gehad het. Dit wys ook uitbetalings vanaf klein besighede wat sy bedryf het vir die verkoop van komberse en linnegoed.

Friedman het gesê daar kan sekere gevolgtrekkings gemaak word oor die feit dat Selebi groot hoeveelhede geld in ‘n lae bankkoste rekening in 2005 gehou het.

“Mens kan ‘n hele paar gevolgtrekkings maak. Mnr. Selebi was dalk nie finansieel so slim nie. Indien jy baie geld het wat skielik beskikbaar is, soos in die geval van Selebi, kan daar gevolgtrekkings gemaak word.”
 
Selebi staan tereg op aanklagte van korrupsie sowel as dwarsboming van die gereg in konneksie dat hy R1,2 miljoen vanaf Glenn Agliotti en ander mense ontvang het in ruil vir gunsies gedurende 2005 tot 2006.

Gedurende kruisondervraging het Cilliers dit aan Friedman gestel dat nie die KPMG verslag of sy bewyse toon enige onverklaarbare kontant betalings of kredietkaarte wat in Selebi se rekening gegaan het nie.
 
“Jy kon geen kontant vind wat nie verduidelik kon word van Selebi se verdienste nie. Daar was geen kontant waarvan jy nie die oorsprong kon vind nie.”

Friedman het geantwoord en bevestig dat daar niks was, wat hy nie kon verklaar nie.”

- Sapa
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Nou ja, dan moet die DA se veldtog om 'n jeugloonsubsidie in te stel ondersteun word teen die Cosatu voetslepers en klipgooiers... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.