Selebi se verdediging swyg oor sy toestand
2011-11-02 11:11
Bloemfontein – Jackie Selebi se regspan het Woensdag gesê hulle kan nie bewerings bevestig dat hul kliënt te siek is om in die hof te verskyn nie.
Selebi se appèl teen sy skuldigbevinding het vandeesweek in die appèlhof in Bloemfontein begin.
Regter Meyer Joffe het Selebi in Augustus verlede jaar in die Johannesburgse hooggeregshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis weens sy korrupte verhouding met Agliotti.
Selebi word nie verplig om self in die appèlhof te verskyn nie.
Gerugte doen egter die ronde dat hy siek is en nie na Bloemfontein sal reis nie.
Sy regsverteenwoordiger het gesê sy kan nie bevestig dat haar kliënt siek is nie.
Daar is vroeër berig dat Selebi siek is, maar dit is nooit amptelik deur sy regspan bevestig nie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter