Selebi se aansoek om appèl misluk
2011-12-02 09:57
Bloemfontein – Jackie Selebi, voormalige polisiehoof, se aansoek om appèl teen sy skuldigbevinding is Vrydag in die appèlhof verwerp.
Selebi se appèl teen sy skuldigbevinding is begin November aangehoor.
Regter Kenneth Mthiyane het gesê regter Meyer Joffe se beslissing is "versigtig oorweeg". Die appèlhof het ook die beslissing van die hooggeregshof aanvaar.
Al vyf regters het saamgestem oor die beslissing.
Selebi het nie toestemming gekry om teen sy vonnis van 15 jaar in die hooggeregshof appèl aan te teken nie. Hy kon net appelleer op twee beperkte vrae: of daar ’n korrupte verhouding tussen hom en die omstrede Glenn Agliotti was, en of hy (Selebi) deur Agliotti vergoed is in die proses van korrupsie.
Selebi moet binne 48 uur by korrektiewe dienste in Johannesburg aanmeld om sy 15 jaar tronkstraf te begin.
Hy kan dadelik begin om sy vonnis uit te dien, of hy kan van sy reg gebruik maak om aansoek om appèl in die konstitusionele hof te doen, is vroeër berig.
– Volg Nuus24 op Twitter