Selebi-saak kos belastingbetaler R14 milj.

2010-06-16 09:03
Tweets Share Share line Print

Lizel Steenkamp

Kaapstad - Jackie Selebi, oudpolisiehoof, sal die miljoene rande wat die staat aan sy regskoste bestee moet terugbetaal as hy op 1 Julie skuldig bevind word.

Beslis regter Meyer Joffe van die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg egter in Selebi se guns, sal belastingbetalers verantwoordelik wees vir die volle rekening.

Tlali Tlali, woordvoerder van die departement van justisie, het Dinsdag gesê enigeen wat vir die staat gewerk het toe hy aangekla is en wie se regskoste in ’n strafregtelike saak deur die staat betaal word, “sal verantwoordelik gehou word vir die geld wat aan sy verdediging bestee is sou hy skuldig bevind word”.

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het gister in antwoord op ’n parlementêre vraag van Pieter Groenewald (VF+) bevestig Selebi se regskoste het sedert Desember tot byna R14 miljoen verdubbel.

Dít is die bedrag wat belastingbetalers al sedert Desember 2007 opgedok het vir die regspan wat Selebi op aanklagte van korrupsie en regsverydeling verdedig. Boonop is die einde nie in sig nie.

Die R14 491 383 is egter net tot 31 Maart vanjaar en hulle verwag nog rekeninge.

Die staat en die verdediging het hul betoë verlede Donderdag in die hof afgesluit. Joffe sal op 1 Julie uitspraak lewer.

Dr. Pieter Mulder, VF+-leier, het gister gesê die vetste rekeninge “kom nog” omdat Selebi se verhoor eers in April hervat is. “Advokate (soos Cilliers) vra duisende rande per dag om in die hof te verskyn.”

Selebi het in Desember 2007 spesiale verlof geneem en hy het op 1 Februarie 2008 vir die eerste keer in die Randburgse landdroshof verskyn.

Sy kontrak as polisiehoof het eers op 31 Julie verlede jaar verstryk. Sy regskoste het toe reeds R6,9 miljoen beloop. Dit het binne ses maande met nog R500 000 tot R7,4 miljoen geklim.

* Mthethwa het in antwoord op ’n afsonderlike parlementêre vraag van die DA gesê 22 polisielede word die afgelope drie maande tot R873 000 betaal terwyl hulle tuis sit. Die beamptes is weens wangedrag geskors en ontvang hul salarisse hangende die uitkoms van tugverhore.

- Die Burger

Lees meer oor: jackie selebi  |  korrupsie  |  hof  |  misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Nou ja, dan moet die DA se veldtog om 'n jeugloonsubsidie in te stel ondersteun word teen die Cosatu voetslepers en klipgooiers... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.