Selebi op pad na Pta-tronk
2011-12-05 17:53
Johannesburg – Die voormalige polisiehoof Jackie Selebi en sy regsverteenwoordigers is op pad na die Pretoria Sentrale Gevangenis, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) Maandagmiddag gesê.
Mthunzi Mhaga, NVG-woordvoerder, het gesê die ondersoekbeampte, Andrew Leask, sal Selebi en sy span by die gevangenis ontmoet.
Leask is in besit van ‘n lasbrief om seker te maak Selebi begin sy vonnis uitdien.
Tlali Tlali, woordvoerder van justisie, het bevestig dat Selebi op pad na Pretoria Sentrale Gevangenis is om Leask daar te ontmoet.
Geen verdere besonderhede is nog beskikbaar nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA