Selebi op dialise
2011-12-20 18:15
Pretoria – Jackie Selebi, voormalige nasionale polisiehoof, ontvang dialisebehandeling en moet weens komplikasies wat deur sy diabetes veroorsaak is, 'n orgaanoorplanting ondergaan.
Die departement van korrektiewe dienste het bevestig dat Selebi vir hipertensie en nierprobleme by die Steve Biko Akademiese Hospitaal behandel word.
Selebi is Maandag in 'n ernstige toestand na dié hospitaal gehaas.
Hy het op 5 Desember by die tronk aangemeld om sy vonnis van 15 jaar te begin uitdien. Hy is skuldig bevind aan korrupsie nadat hy geld van die veroordeelde dwelmhandelaar Glenn Agliotti ontvang het en ‘n Britse dwelmondersoek-verslag aan Agliotti gewys het.
"Hy ly aan hipertensie en sy bloedsuikervlakke is nogal laag, maar daar word ook geglo dat hy 'n probleem met sy niere het. Die dokters besluit nog watter behandeling hy moet kry," het Zacharia Modise, hoofadjunkkommissaris: korreksies van die departement van korrektiewe dienste (DKD), gesê.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter