Selebi nog te siek vir oorplasing

2011-12-12 09:35
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die oudpolisiehoof Jackie Selebi sal na die Johannesburgse gevangenis, ook bekend as “Sun City”, oorgeplaas word sodra sy toestand stabiliseer.

Sibongile Promise Khumalo, nasionale woordvoerder van korrektiewe dienste, het Sondag bevestig die voormalige kommissaris is steeds in die Pretoria-Sentraal-gevangenis se hospitaalafdeling.

Dit volg op berigte dat Selebi te siek is om na die Johannesburgse gevangenis vervoer te kan word.

Khumalo wou nie uitwei oor sy gesondheid of wat Selebi makeer nie. Sy het gesê sy familie het opnuut versoek dat sy privaatheid gerespekteer word.

“Maar ek kan wel sê hy is oukei.

“Hy is nie ’n veiligheidsrisiko vir ander soos daar in die media berig is nie. Hy is bloot ’n man wat probeer veg om sy lewe.”

Khumalo het bygevoeg Selebi was volgens sy regspan nie geskik om vervoer te kan word nie.

Selebi het ineengestort nadat hy gehoor het sy appèl teen sy tronkstraf van 15 jaar het misluk. Hy is na die Jakaranda-hospitaal in Pretoria geneem.

Sy regspan het in ’n poging om hom in dié private hospitaal te hou, hom tot die hof en die nasionale vervolgingsgesag gewend. Die Johannesburgse hooggeregshof het ’n lasbrief vir sy opname in die Johannesburgse gevangenis goedgekeur.

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- Beeld

Lees meer oor: jackie selebi  |  misdaad  |  korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Nou ja, dan moet die DA se veldtog om 'n jeugloonsubsidie in te stel ondersteun word teen die Cosatu voetslepers en klipgooiers... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.