Selebi 'moet so gou moontlik tronk toe' – DA
2011-12-04 19:54
Johannesburg – Die voormalige polisiekommissaris Jackie Selebi moet sou gou as wat prakties moontlik is aanmeld om sy 15 jaar tronkstraf te begin uitdien, het die DA Sondag gesê.
“Ons vertrou mnr. Selebi sal nie skielik ‘Schabir Shaik-itis’ opdoen nie en dat sy huigide toestand eg is,” het James Selfe van die DA gesê.
Hy het gesê die parlement het die Wet op Korrektiewe Dienste aangepas om dit moeiliker te maak om die gronde vir mediese parool te vervals.
Shaik, voormalige finansiële adviseur van President Jacob Zuma, is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis, maar het slegs twee jaar uitgedien. Hy het die grootste deel van sy tyd in die hospitaal deurgebring.
“Ons sal mnr. Selebi se aanhouding met groot belangstelling dophou om te verseker dat, in lyn met die beginsel van gelykheid voor die gereg, hy presies dieselfde as enige ander gevangene hanteer word.”
Selebi is Vrydag in ‘n hospitaal in Pretoria opgeneem nadat hy by sy huis inmekaar gesak het toe hy gehoor het sy appèl teen sy korrupsie-vonnis het misluk.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA