Selebi moet nóg wag vir uitspraak
2010-07-01 15:00
Johannesburg – Ná ‘n paar uur van opsommings in die korrupsieverhoor van Jackie Selebi, voormalige polisiekommisaris, het regter Meyer Joffe gesê hy sal nie Donderdag sy vonnisoplegging kan voltooi nie.
“Ek sal nie vandag kan klaarmaak nie. Ek sal wel ‘n gedeelte vandag klaarmaak en dit môre afhandel,” het Joffe in die Johannesburgse hooggeregshof gesê.
Joffe het Donderdag baie tyd spandeer om deur die bewyse te gaan wat gedurende die verhoor voor die hof was.
Selebi staar aanklagtes van korrupsie en regsverydeling in die gesig in verband met R1,2 miljoen wat hy glo van verskeie mense, insluitend die sakeman, Glenn Agliotti, ontvang het in ruil vir gunste.
Selebi het skuld ontken en die staat het swaar op Agliotti gesteun om Selebi skuldig te bevind.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA