Selebi meld by gevangenis aan
2011-12-05 20:53
Johannesburg – Die voormalige polisiehoof Jackie Selebi het laat Maandagmiddag by die Pretoria Sentrale Gevangenis aangemeld, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.
“Die gevangenis se owerhede sal besluit hoe daar voorts met hom te werk gegaan moet word,” het Mthunzi Mhaga, woordvoerder, gesê.
Die departement van korrektiewe dienste het in ‘n verklaring gesê sodra Selebi by ‘n korrektiewe fasiliteit aanmeld, sal hy deur die normale administratiewe- en assessering-prosesse gaan.
“Die assessering fokus op moontlike veiligheidsrisiko’s wat hy vir die korrektiewe stelsel inhou, asook ‘n analise van sy persoonlike en mediese welstand.”
Andrew Leask, ondersoekbeampte, het Selebi en sy regsverteenwoordigers vroeër by die gevangenis ontmoet.
Lees hier meer oor die verwikkelinge.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA