Selebi ‘is baie siek’

2011-12-13 07:23
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die voormalige polisiekommissaris, Jackie Selebi, is Maandagoggend in die Steve Biko-staatshospitaal in Pretoria vir verdere behandeling opgeneem.

Na verneem word, sluit dié behandeling ook dialise in.

Sibongile Promise Khumalo, woordvoerder van korrektiewe dienste, het Maandag bevestig dat korrektiewedienste-beamptes die 61-jarige oudpolisiehoof na dié hospitaal geneem het.

“Hy sal vir ongeveer twee dae daar bly vir waarneming en behandeling. Daarna sal hy reguit teruggebring word na die Pretoria-Sentraal-gevangenis se hospitaalafdeling,” het sy gesê.

Sy kon steeds nie uitwei oor wat Selebi makeer of watter behandeling hy ontvang nie, behalwe om te sê: “Hy is ’n baie siek man.”

Sy familie het versoek dat geen private inligting oor sy gesondheid verskaf word nie.

Volgens Khumalo het nie Selebi of sy regspan versoek dat hy in ’n private hospitaal opgeneem word nie.

Hy word deur korrektiewe beamptes in die hospitaal bewaak.

Selebi is reeds sedert verlede week Maandag, die dag waarop hy sy 15 jaar gevangenisstraf moes begin uitdien, in die tronkhospitaal.

Dit het gekom nadat hy op 2 Desember in sy Waterkloofrif-huis ineengestort het kort nadat die appèlhof in Bloemfontein sy appèl afgekeur het.

Selebi is daardie Vrydag eers per ambulans na die Jakaranda-hospitaal geneem voordat hy die Maandag na die gevangenis se hospitaal geskuif is.

Sy regspan het hulle daardie Maandag tot die hof en die na­sio­na­le vervolgingsgesag gewend in ’n poging om Selebi in die private hospitaal te hou.

Die Johannesburgse hooggeregshof het egter ’n lasbrief vir sy opname en aanhouding in die Johannesburgse gevangenis goedgekeur.

Selebi was glo te siek om na Johannesburg te reis of vervoer te word en is later daardie middag per rolstoel uit die Jakaranda-hospitaal geneem en in die tronkhospitaal in Pretoria opgeneem.

Khumalo het vroeër gesê hy sal na die Johannesburgse gevangenis oorgeplaas word sodra sy toestand stabiliseer.

- Beeld

Lees meer oor: jackie selebi  |  hof  |  korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Nou ja, dan moet die DA se veldtog om 'n jeugloonsubsidie in te stel ondersteun word teen die Cosatu voetslepers en klipgooiers... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.