Selebi in die skuld
2011-12-02 21:59
Johannesburg – Die voormalige nasionale polisiehoof Jackie
Selebi moet die staat terugbetaal vir vir al sy regskostes, het die departement
van justisie gesê.
“Ons gaan die bedrag wat Selebi skuld presies
uitwerk en Selebi deur middel van sy prokureurs in kennis stel,” het ‘n
woordvoerder vir die departement, Tlali Tlali, gesê.
Indien Selebi nié die bedrag kan terugbetaal
nie, sal die departement “die normale skuldinvorderingsproses” volg.
Selebi het tydens sy hofsaak die staat gevra
om hom met sy regskostes te help.
Hy het ingestem om die kostes terug te betaal
indien hy die saak verloor.
Selebi is skuldig bevind aan korrupsie en ‘n
tronkvonnis van 15 jaar opgelê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA