Sekuriteitswagte beroof wat geld bewaak
2011-10-25 21:09
Johannesburg – ‘n Sekuriteitswag van J&M is met ‘n vuurwapen beroof van ‘n onbekende hoeveelheid kontant in Witrivier, het die polisie in Mpumalanga Dinsdag gesê.
‘n Wag het Maandag omstreeks 12:00 by ‘n Standard Bank ingestap toe twee mans hom voorgekeer het, het sers. Gerald Sedibe gesê.
‘n Tweede wag het in ‘n nabye bussie gewag.
Die rowers het die sekuriteitswag by die bank oorweldig en ‘n kontantkissie van hom geneem, het Sedibe gesê.
“Hulle het een skoot die lug in gevuur voordat hulle in ‘n silwer Volvo gevlug het.”
Die voertuig is later verlate in Nombiweg buite Witrivier gevind.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA