Sekuriteitswag vas vir moord
2011-09-09 19:03
Johannesburg – ‘n Sekuriteitswag van Middelburg, wat aangekla
is vir die verkragting en moord van sy vrou, is in die Pretoria hoogeregshof skuldig
bevind.
Regter Peter Mabuse het gesê dat Johan
McIntyre se verweer dat sy gebruik van alkohol en dwelms op die dag van die
moord tot geheueverlies gelei het, nie water dra nie.
Daar was genoegsame bewyse dat McIntyre die
moord op sy vrou beplan het , dat hy bewus was van sy aksies en dat hy kon
onthou wat hy gedoen het.
Sy vrou, Zelda McIntyre, se liggaam is in
Februarie 2008 in ‘n park in Pretoria Noord gevind.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA