Sekuriteitswag vas oor moord op Pta-vrou
2011-11-25 13:16
Pretoria – Die polisie het 'n 23-jarige sekuriteitswag in hegtenis geneem in verband met die moord op 'n 55-jarige vrou by 'n kantoorpark in Pretoria-Oos.
Die man is Donderdag by sy huis in Lusaka in Mamelodi in hegtenis geneem. 'n Tweede verdagte is nog op vrye voet ná die moord by die Mooikloof-kantoorpark.
Owerhede het die lyk van die vrou Donderdagaand in 'n septiese tenk gevind. Reddingswerkers het byna 12 uur lank riool en ander afval uitgepomp om die lyk te vind.
Die twee mans was Woensdagaand aan diens toe die vrou, wie se identiteit nog nie bekend is nie, oortyd gewerk het.
Verskeie patroondoppies en 'n plas bloed is in die ondergrondse parkering gevind.
'n Bloedspoor het na die drein gelei waar die lyk gevind is.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter