Sekuriteitswag in Hillbrow doodgeskiet
2011-09-18 12:18
Johannesburg – ‘n Sekuriteitswag, wat aan diens was, is in Hillbrow doodgeskiet, het die polisie Sondag gesê.
Die 33-jarige wag, het Saterdag by die hek van ‘n winkel gestaan toe drie mans hom genader het, het konst. Thabo Malatjie gesê.
‘n Argument het ontstaan en een van die mans het die wag drie keer in sy bolyf geskiet.
Die verdagtes het daarna te voet gevlug.
Die wag het op die toneel gesterf.
Die oorsaak van die argument sowel as die motief vir die moord is steeds onbekend het, Malatjie gesê.
Die polisie ondersoek die saak.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA