Sekuriteitswag by skool gesteek
2010-04-15 01:47
Johannesburg – ‘n 55-jarige sekuriteitswag is in ‘n kritieke toestand ná hy Woensdag by ‘n Durbanse skool gesteek is terwyl hy ‘n bakleiery wou keer, het paramedici gesê.
‘n Bakleiery het glo tussen ‘n groep kinders by ‘n skool in Newtown uitgebreek.
Die sekuriteitswag is met ‘n skerp voorwerp gesteek toe hy probeer het om die kinders te skei, het Derrick Banks, ER24-woordvoerder, gesê.
“Hy is in ‘n kritieke toestand en sal ‘n operasie moet kry om die bloeding te stop.”
- Sapa