Sekswerker se kind glo Naas is sy pa

2009-10-25 12:02
Tweets Share Share line Print

Is Naas Botha my pa? Dís die vraag wat Morné Redmond (27) van Kensington in Kaapstad bitter graag beantwoord wil hê. (Rapport)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad - ’n Jong Kaapse man het ’n hartstogte­like verlange om uit te vind of die legendariese Springbok-rugbyspeler Naas Botha sy biologiese pa is.

Van sy kinderdae is vir hom gesê Naas is sy biologiese pa.

Morné Redmond (27), van Kensington in Kaapstad, sê hy is op 18 Januarie 1982 gebore.

Hy’s glo verwek tydens ’n nag van passie in ’n Nuwelandse hotel in die vroeë 1980’s tussen sy ma – toe ’n sekswerker – en Botha, wat toe vir die Bokke gespeel het.

“Almal praat dat hy my pa is.”

Botha het gistermiddag aan Rapport gesê: “Dit is ’n wolhaarstorie. Ek het geen idee waarvan jy praat nie. Ek dink die storie is ’n bietjie far-fetched.”

Toe Rapport hom inlig die biologiese ma was destyds ’n sekswerker, het hy gesê: “Ek belowe jou, ek sal nooit so iets in my lewe doen nie. Ek is 100% seker. Ek was mos oud genoeg om so iets te weet.”

Toe hy hoor die sekswerker is bruin, het hy gesê: “O, jinne, as jy nou só iets op die tafel sit, is daar nou ’n 110%- kans dat ek nié so iets sou doen nie.”

Redmond, ’n ambagsman, sê: “Ek glo ’n DNS-toets is die enigste manier hoe ’n mens presies kan weet of Naas my pa is of nie.

“My ma kon nooit ’n definitiewe antwoord gee nie. Die vraag maal nog altyd in my kop. Ek is nie so sportief soos hy nie, maar is goed met my hande.”

Sy biologiese ma, Denise Redmond (51), het in drie gesprekke met Rapport herhaaldelik ontken dat Botha haar seun se pa is.

In haar eerste gesprek het sy ontken dat sy ooit intiem met Botha was, maar in ’n tweede gesprek het sy dit wel erken, berig Marlene Malan.

“Morné se pa is ’n Duitse sakeman en hy is lankal uit die land uit. Hy was baie ouer as ek; seker al dood.

“Ja, ek hét een keer by Naas geslaap, net een keer. Maar toe was ek al swanger met Morné.

“Ek was nog jonk, so diep in die 20. Naas was ook in die 20. Hy en ander Springbokke het in die Newlands-hotel (naby Nuweland) gebly toe ’n oor­sese rugbyspan hier kom speel het. Ons groepie meisies was ook daar.

“In daardie tyd het ons nog nie goed soos kondome geken nie.”

Cynthia Peacock, wat Morné grootgemaak het vandat hy twee jaar oud was, sê Redmond het haar vertel “Naas is die kind se pa”.

Twee destydse vriendinne beaam dit. Een, bekend as Christine, sê sy en Redmond het destyds saamgewoon.

“Sy het die volgende oggend nog kom spog sy was die vorige aand saam met Naas en dat hy nie ’n kondoom wou gebruik nie.”

Sy sê Redmond swyg al jare hieroor, omdat “sy skaam is omdat Naas ’n high-profile celebrity was”.

’n Ander vriendin het ook die gebeure bevestig.

–Rapport

Vir meer hieroor, besoek Rapport

Lees meer oor: seks  |  skandes  |  naas botha

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sirrion sê... SeeVeeDeeEl, afhangende van my gemoedstoestand die betrokke dag natuurlik. As ek hier op 'n 8 tot 10/10 is dan sal ek net wegstap en glimlag. As ek die dag hier van 'n 4 tot 7/10 is, sal ek hom/haar bietjie tart (sonder vloekwoorde natuurlik) Laastens, van 1 tot 4/10 sal ek weereens net wegstap, as dit in die parkeerarea gebeur, soos wat baie die geval is, net wag tot hy in die gebou is, en al vier deure gaan krap tot op die metaal, of as dit in die winkelsentrum is, sy kind van agter af pootjie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2011
R 139,990.00

FORD

Fiesta 1.6 TDCi Trend 3-dr Dsl MY06
2006
R 109,995.00

TOYOTA

Hilux 2.7 VVT-i RB Raider PU MY09
2011
R 229,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.