Sekssaak: Skuldige ontglip tronk steeds

2010-09-19 12:56
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Twaalf jaar lank het die ortopeed dr. Johannes Albertus Roux Volsteedt (63) – voorheen van Bellville, toe van Witbank, deesdae van Durbanville – daarin geslaag om die paadjie tronk toe te fnuik.

Nou blyk dit dieselfde paadjie van herhaalde verhoor-uitstelle word gevolg nadat die derde datum sedert Maart vanjaar vir sy vonnisoplegging in die Bellville-landdroshof vasgestel is.

Nadat Volsteedt op 26 Maart vanjaar uiteindelik, ná ’n verhoor wat een klag van verkragting en 16 van onsedelike aanranding ingesluit het, aan al dié misdrywe skuldig bevind is, kon die staat hom steeds nie vaspen vir vonnisoplegging nie.

Die eerste klag, dié van verkragting, is in 1999 teen hom aanhangig gemaak. Daarna het nog tien vroue 16 klagte van onsedelike aanranding teen hom gelê. Sommige dateer van 1978.

Dit maak die Volsteedt-verhoor een van die langste sake van verkragting en onsedelike aanranding in die Suid-Afrikaanse regsgeskiedenis.

Die 11 Kaapse vroue het met sy skuldigbevinding hul verligting uitgespreek dat Volsteedt se perverse seksuele praktyke uiteindelik aan die kaak gestel is.

Veral die verkragtingslagoffer, Vida Engelbrecht van Grassy Park, het gesê sy is bly dat die hof haar geglo het: Dit is dat sy op Volsteedt se ondersoekbedjie verkrag is en dat sy nie, soos hy aangevoer het, vrywillig met hom seks gehad het nie.

Intussen het drie Gautengse vroue ook klagte van onsedelike aanranding teen hom ingedien.

Dit dateer van 2006.

Dié saak duur voort, terwyl die 11 Kaapse slagoffers wéér herhaaldelik teleurgesteld voor die hofdeure moes omdraai omdat Volsteedt nou glo ’n “degeneratiewe breintoestand” ontwikkel het.

Dié beweerde siekte was nog nie voor 26 Maart vanjaar in die hof ter sprake nie.

Sy regsverteenwoordiger, adv. Graeme van der Spuy, het op die eerste vonnisdag, 14 Junie, dié breintoestand aangevoer.

Die saak is hangende mediese ondersoeke tot verlede Maandag, 13 September, uitgestel. Maar op dié dag het Van der Spuy gesê die mediese verslae oor Volsteedt is nog nie voltooi nie. Regter André la Grange het die vonnisdag nou tot 15 Oktober uitgestel.

Die minimum vonnis vir verkragting is tien jaar tronkstraf.

Van der Spuy het teenoor Rapport bevestig ’n “degeneratiewe breintoestand” by Volsteedt word ondersoek.

Adv. Esna Erasmus, wat die saak namens die staat vir die Kaapse vroue gedryf het, het gesê: “Ek is gereed vir vonnisverrigtinge. Die saak is op die versoek van die verdediging uitgestel. Wat is die kans dat dit nog tien jaar gaan duur?”

- Rapport

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.