Seksnetwerk: Meisies glo met Mxit ontbied

2011-10-20 07:00
Tweets Share Share line Print

Oudtshoorn – Indien die bewerings waar is, moet ten sterkste opgetree word teen polisiemanne wat daarvan verdink word dat hulle seksuele omgang met minderjarige meisies gehad het. Só het Dan Plato, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, Woensdag gesê.

Plato het gereageer op die inhegtenisneming van twee polisiebeamptes van die polisiekantoor op Nelspoort in verband met die beweerde seksuele misbruik en statutêre verkragting van minstens vier meisies van 14 en 15 jaar oud op dié Karoo-dorpie.

Gerugte dat ’n derde polisieman glo nog nie in hegtenis geneem is nie omdat hy gewapen is, kon nie bevestig word nie.

Nog drie mans, werknemers van Mkhulu-kontrakteurs, is ook in hegtenis geneem. Hulle verskyn vandag in die Beaufort-Wes-landdroshof.

Luidens verklarings wat deur die meisies afgelê is, het die polisiebeamptes hulle glo met Mxit na die polisiekantoor ontbied en in die aanklagkantoor seksueel met hulle verkeer.

’n Ma wat daarvan te hore gekom het, het dit aangemeld by Una Wentzel van Molo Songololo, ’n kinderbeskermingsorganisasie, waarna ’n ondersoek gedoen is.

Die ondersoek duur voort en na verwagting kan nog meisies na vore kom en nog mans betrek word.

“Dit is nie ’n uitgemaakte saak dat die meisies se ouers geweet het waarmee hul dogters besig is nie,” het die voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum op Beaufort-Wes, Andrew Lyon, Woensdag gesê.

“Met Mxit en Facebook wat algemeen beskikbaar is op selfone – en elke kind het een – is dit vir ouers moeilik om te weet met wie hul kinders kommunikeer. Hulle sien maar net die selfoon se liggie flits onophoudelik.

“Hierdie kommunikasiemiddels is ’n maklike manier om ’n jong meisie uit te buit.

“En as ’n man eers haar vertroue gewen het, is dit maklik om haar verder te verlei. As die saadjie eers geplant is, kan daar ’n enorme onheilsboom groei.

“Teen die tyd dat die ouers agterkom iets skort, is die meisies al baie diep in die seksweb vasgevang.”

Lyon is van mening dat kinderregte ook die ouers daarvan weerhou om op te tree.

“Die regering gaan roekeloos om met wetgewing. Ek glo nog in orde en dissipline, maar kinders dreig deesdae die ouers as die ouers in hul lewe wil ingryp.”

Volgens Plato word meisies veral in landelike gebiede uitgebuit. “Ek was drie weke gelede by ’n hoërskool op die platteland waar 30 skoolmeisies swanger is.

“Daar is geen opbouende aktiwiteite vir jong mense om hulle mee besig te hou nie.” 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: misdaad  |  kindermishandeling  |  sapd

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Blip sê... Nou ja, dan moet die DA se veldtog om 'n jeugloonsubsidie in te stel ondersteun word teen die Cosatu voetslepers en klipgooiers... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.