Seksmisdadiger uit op borgtog
2009-09-21 18:23
Krugersdorp - Een van die drie mans wat van seksuele kindermolestering aangekla is, is op borgtog van R40 000 in die Krugersdorp landdroshof vrygelaat.
Kapt. Jacob Raboroko het gesê die beskuldigde was die eienaar van die skuilhuis waar die kinders glo gemolesteer was.
Sy twee mede-beskuldigdes is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.
Die identiteite van die drie mans is nog nie bekend gemaak nie, omdat die misdaad glo teenoor minderjariges gepleeg is.
Die saak is tot 20 November uitgestel vir verdere ondersoek.
- Sapa