Weermag bevestig seksklagte teen senior bevelvoerder

2011-06-29 09:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Vier klagte van seksuele vergrype deur ’n senior bevelvoerder word ondersoek, het die weermag Dinsdag bevestig.

Die saak is Maandagmiddag by die Militêre Polisie in Wynberg, Kaapstad, deur vier vrouesoldate van die weermag se skool vir logistieke opleiding by Youngsfield in Kaapstad ingedien.

Hulle beweer lt.kol. Rodney Hine, die skool se waarnemende bevelvoerder, het hom glo aan dié vergrype skuldig gemaak toe hy Donderdagaand laat in hul woonkwartier ingekom het.

Die vroue – drie diensvrywil­ligers wat nog nie 21 jaar oud is nie en ’n sersant – werk by die skool waar diensvrywilligers gewoonlik opgelei word.

Volgens ingeligtes was daar al maande lank ’n toenemende voorkoms van seksuele teistering van die vrouestudente.

Van die instrukteurs het selfs al openlik verhoudings met die vroue aangeknoop.

Van hulle is al weens dié beweerde vergrype verplaas, maar ’n vorige bevelvoerder het hom glo ondanks dié verplasings sélf skuldig daaraan gemaak.

Die meeste van dié klagte is nooit behoorlik ondersoek nie omdat die jong diensvrywilligers intimidasie vrees en bang is hul tweejaardienskontrakte word nie hernu nie as hulle sou kla.

In die klagte wat vandeesweek ingedien is, noem die vroue dat hulle dit wil laat boekstaaf dat hulle vrees hulle gaan geïntimideer of geviktimiseer word solank hulle voortgaan om elke dag saam met Hine te werk.

Dit is onbekend of hy vir die duur van die ondersoek verplaas gaan word, het kol. Petrus Mothlabane, woordvoerder van die weermag, gesê.

Na verneem word, is Hine Donderdagaand glo in die kroeg by die skool gesien.

Die meisies was teen 22:00 reeds aan die slaap toe hulle blykbaar wakker geword het met Hine wat in die rondawel was.

Hy is vervolgens na nóg ’n rondawel waar die sersant geslaap het.

Volgens ooggetuies het hy na drank geruik en was die vroue erg getraumatiseer ná die voorval.

Hine is getroud.

Mothlabane het Dinsdag gesê die departement van verdediging beskou die saak in ’n baie ernstige lig, maar dat die reg nou sy gang moet gaan.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  seksuele teistering

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.