‘Seks vir ’n HOP-huis’

2011-11-23 08:03
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – 'n Raadslid van die Mangaung-metroraad word daarvan beskuldig dat hy seksuele gunsies vir munisipale dienste eis.

Xolo Pongolo, raadslid vir wyk 3, moet nou inwoners wat keelvol is vir sy beweerde onetiese werkwyse in die oë kyk.

Boniswa Mosese, een van sy beweerde slagoffers, het aan Volksblad gesê hy het geweier om haar naam op die waglys vir ’n HOP-huis te sit as sy nie met hom in die bed spring nie. “Hy wou seks hê in ruil vir ’n HOP-huis.”

Mosese is een van vele vroue wat glo gewaarsku is dat hulle teenprestasies sal moet lewer as hulle dienste van die regering verlang wat hulle gratis toekom.

Nóg ’n beweerde slagoffer – haar naam is aan Volksblad bekend – het in ’n onderhoud gesê Pongolo het probeer om met haar seks te hê voordat hy ’n rioolpyp sou herstel wat rou riool in haar erf gepomp het.

“Toe ek geweier het om met hom seks te hê, is die pyp nooit herstel nie.”

Pongolo word deur die inwoners met pres. Robert Mugabe van Zimbabwe vergelyk, omdat hy weier om te bedank.

Die inwoners sê hulle is keelvol. Hulle dreig om volgende week na die kantoor van premier Ace Magashule op te ruk en te eis dat Pongolo uitgeskop word.

Pongolo het gister die bewerings teen hom heftig ontken en gesê hy ken Mosese nie. Hy het ook nooit seks vir dienste geëis nie.

“Dit is ’n politieke smeerveldtog,” het hy gesê.

Pongolo word ook daarvan beskuldig dat hy sowat 15 HOP-huise in Kagiso Square vir R700 tot R800 per maand verhuur.

Pongolo, lid van die burgemeesterskomitee belas met menslike vestiging, ontken dit ook. Volgens hom hanteer die provinsiale departement die toekenning van huise.

’n Inwoner van een van die huise wat te bang is om haar naam te noem, het aan Volksblad gesê Pongolo se gesant kollekteer elke maand die huurgeld van haar.

Pongolo het verlede week na bewering ook ’n inwoner aangerand wat na sy kantoor opgeruk het om te kla. Hy het ook glo ’n vuurwapen op die mense gerig.

Hoewel Pongolo ontken dat hy sy vuurwapen op mense gerig het, het hy gesê hy het ’n klag van aanranding ingedien teen ’n inwoner wat hom aangeval het.

Kapt. Rulene Kuhn van die polisie het bevestig ’n klag van die rig van ’n vuurwapen word teen Pongolo ondersoek.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: mangaung  |  seks  |  korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.