Sekerheidswag beswyk in hospitaal
2010-07-19 05:22
Johannesburg - 'n Sekerheidswag wat gewond is tydens 'n rooftog by 'n supermark in Kagiso, het in die hospitaal aan sy wonde beswyk, het die polisie Sondag gesê.
Die man is Saterdag tydens 'n gewapende rooftog by die Kagiso-supermark, wes van Johannesburg, geskiet en na die hospitaal gehaas, het ao. Solomon Sibiya gesê.
Die sekerheidswag het gedurende die rooftog een van die rowers geskiet.
Sy makkers het teruggevuur en in sy linkerskouer, middellyf en maag gewond.
Hy is Sondagoggend in die hospitaal dood.
Die polisie het twee mans en 'n vrou in hegtenis geneem.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA