Sekere skole in visier, sê SAOU

2011-12-10 10:02
Tweets Share Share line Print

Pretoria. – Dit is onverstaanbaar waarom die Gautengse onderwysdepartement funksionele skole hul teiken maak en nie op die 80% wanfunksionerende skole fokus nie.

Só het die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) Vrydag gereageer nadat skole in die Vaaldriehoek briewe gekry het dat hulle hulle moet regmaak om volgende jaar ’n klas vir Engelssprekende leerlinge te begin.

Dié opdrag is gegee ’n dag ná die hofuitspraak in die hooggeregshof in Johannesburg wat behels die onderwysdepartement – en nie die skoolbeheerliggaam nie – moet besluit oor die maksimum getal leerlinge wat ’n skool mag toelaat.

Chris Klopper, uitvoerende hoof van die SAOU, het gesê dit lyk of amptenare reeds op sommige skole fokus en hulle in kennis stel dat hulle volgende jaar nuwe leerlinge moet ontvang.

“Skole het dit ’n dag voor die skoolsluiting verneem sonder dat hulle vooraf geraadpleeg of enige reëlings getref is.”

Hy het gesê die onderliggende probleem is dat die departement van basiese onderwys ná jare nog nie norme en standaarde bepaal het vir die funksionele en verantwoordbare benutting van onderwysgeriewe nie.

“Die SAOU en ander organisasies dring sedert 1996 op die bepaling van norme en standaarde aan sodat daar ’n objektiewe maatstaf kan wees.”

Hy het gesê die Grondwet veroorloof skole met ’n enkeltaalmedium van onderrig. “Dit blyk nou uit die jongste viktimisering dat Afrikaanse skole uitgesonder word. Dit is onverdedigbaar dat amptenare toegelaat word om die onderwysregte van leerlinge en ouers van bepaalde skoolgemeenskappe te negeer.

“Die huidige stand van sake en jaarlikse konflik met betrekking tot die toelating van leerlinge en wanneer ’n skool as vol geag word, is onaanvaarbaar.”

Die Rivonia Primary School gaan teen die uitspraak appelleer. Die SAOU oorweeg dit om as vriend van die hof by die saak betrokke te raak.

Mnr. Esrah Ramasehla, president van Naptosa, sê dit is ’n ingewikkelde situasie en die minister het die verantwoordelikheid om te verseker elke kind woon skool by.

“Skole en onderwysers aan die anderkant weet gehalte-onderrig kan nie plaasvind in oorvol klasse nie. Dit is nie moontlik om dieselfde individuele aandag in ’n klas met 50 of selfs 80 leerlinge te gee as in een met 30 of 35 of 40 leerlinge nie.”

AfriForum het intussen ’n brief aan die Gautengse en basiese departemente van onderwys gestuur om te sê organisasies soos hy, Solidariteit, die FAK en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) is gereed om ouers se reg om oor hul kinders se onderrig te besluit, tot op die hoogste nasionale en internasionale vlak te verdedig.

AfriForum het gesê die kwessie oor druk op Afrikaans as onderrigmedium het die afgelope twee weke heelwat aandag in die Nederlandse parlement en by die Nederlandse taalunie gekry.

Me. Barbara Creecy, Gautengse LUR vir onderwys, het gister met ’n afvaardiging van Fedsas vergader oor die hofuitspraak.

Sy het volgens ’n Fedsas-verteenwoordiger onderneem dat die proses wat vir volgende jaar in plek is, nie ondermyn sal word nie.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.