Seepunt inbreker vasgetrek
2009-09-08 16:31
Pretoria – ‘n 37-jarige man is Dinsdagoggend in hegtenis geneem nadat hy by ‘n huis in Seepunt ingebreek het.
Die voorval het net na middernag plaasgevind toe die inbreker ‘n geut gebruik het om by ‘n oop venster van ‘n woonstelblok in te klim, het inspekteur Bheki Xulu gesê.
Die eienaar van die woonstel het ‘n vreemde man met ‘n mes in haar kamer sien staan.
‘n Bakleiery het uitgebreek en die inbreker se mes het gebreek.
Hy het weer deur die venster ontsnap en het ‘n selfoon, kamera, oorbelle, i-pod en geld gesteel, het Xulu gesê.
Teen ongeveer 04:00 het polisie in verdagte man in Seepunt se hoofstraat gewaar.
Hulle het die man deursoek en al die gesteelde items teruggekry.
“Die verdagte sal Donderdag op klagtes van inbraak en die besit van gesteelde goedere in die Kaapstadse landdroshof verskyn,” het Xulu gesê.
- Sapa