Seekoeibul storm nadat kar hom tref

2011-03-05 09:48
Tweets Share Share line Print

Nelspruit. – ’n Erg beseerde seekoeibul het ’n insleepvoertuig eergisternag ná ’n ongeluk op die N4-deurpad naby dié stad aangeval en van die grond af opgelig.

Die ongeluk het omstreeks 21:00 sowat 20 km buite die stad gebeur toe ’n Ierse burger op pad van Johannesburg na Nelspruit teen die kolossale seekoeibul vasgejaag het.

Die Kia-voertuig was ’n wrak, maar wonder bo wonder het die bestuurder slegs ’n snywond aan die hand opgedoen.

Die beseerde dier het ’n ruk lank bedremmeld in die lang gras langs die pad gelê, het Luke Martin, hoof van die ambulansdienste in Nelspruit, gister vertel. In ’n stadium het die dier opgestaan en oor die snelweg begin loop.

Hy het op Martin afgestorm. “Ek kon net betyds agter die insleepvoertuig inspring. Die volgende oomblik het die dier die voertuig bestorm en sy slagtande in die voertuig se linkerdeur ingeslaan.

“Hy het die voertuig heeltemal opgelig en neergegooi voordat hy die bosse ingestrompel het.”

Paul Kriek van Van Wettens-insleepdiens het in die insleepvoertuig gesit.

“Dit was skrikwekkend! Ek is ’n diabeet en het so groot geskrik dat my suikertelling tot 19 opgeskiet het,” het hy gister aan Beeld gesê.

Beamptes van die Mpumalanga-parke-en-toerismeraad is ontbied om die beseerde seekoei op te spoor.

Martin en ’n beampte het met slegs die lig van penflitse die donker bosse ingesluip om na die dier te gaan soek.

“In ’n stadium het ek letterlik in die donker teen die dier vasgeloop. Hy het opgespring en verder die bos ingeloop.”

Die seekoei is sowat 30 m verder opgespoor en toe van kant gemaak. Daar is later vasgestel sy regteragterbeen is in die ongeluk gebreek.

“Hoewel sommige van die voorvalle lagwekkend was, soos toe ek soos ’n vlakhaas vir die seekoei weggehol het en Paul se geskree oor die radio dat die dier sy sleepwa aanval, is dit jammer dat die dier doodgeskiet moes word,” het Martin gesê.

- Volg nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: natuurbewaring  |  seekoeie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.