Seekoei red sebravul in rivier

2010-12-03 06:35
Tweets Share Share line Print

’n Seekoei wat eers ’n wildebees-kalfie en toe ’n sebravulletjie van verdrinking in ’n sterkvloeiende rivier red, maak opslae. (Michael Yule, Die Burger)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Pretoria - Foto’s en beeldmateriaal van ’n seekoei wat eers ’n wildebees-kalfie en daarna ’n sebravulletjie van verdrinking in ’n sterk vloeiende rivier red, maak opslae.

Tom Yule, bestuurder van die Grumeti Expeditions-toeragentskap, het die reddings in Oktober op video vasgelê en sy seun Michael (13) het die foto’s geneem.

Yule, ’n Suid-Afrikaner wat nou in Tanzanië woon, het naby die noordelike Lemala Serengeti-tentkamp saam met ’n toergroep die wildebees- en sebramigrasie oor die Mara-rivier aanskou toe hulle die voorval gesien het.

“Dié tyd van die jaar migreer duisende sebras en wildebeeste van die Masai Mara-streek in Kenia suid na die Serengeti se suidelike grasvelde,” het Yule gesê.

“Een van hul groot struikelblokke is die Mara-rivier, wat op dié dag baie sterk gevloei het weens onlangse swaar reëns.”

Yule en verskeie ander toeskouers het gesien hoe ’n jong wildebeeskalfie deur die sterk waters meegesleur is en stroomaf begin dryf het.

“Die seekoei het die kalfie onmiddellik agternagesit en die kalfie liggies met sy snoet gestamp om sy kop bo water te hou en hom na die oorkantste wal te help.”

Op die wal het die kalfie uitgeklim en weer by die ander wildebeeste aangesluit.

Skaars vyf minute later het die water ’n sebravulletjie ook meegesleur.

“Die seekoei het toe die vulletjie op dieselfde manier na die oorkantste oewer gehelp.

“Dit was ongelooflik om te aanskou.”

Die vulletjie was volgens Yule heeltemal uitgeput toe hy uiteindelik by ’n klein rotseiland aan die oorkantste oewer uitgeklim en net gestaan en hyg het.

“Die seekoei het uitgeklim en die sebra liggies van agter gebyt en vorentoe gestamp asof hy die vulletjie wou aanmoedig om nie moed op te gee nie.

* Kyk hieronder na die beeldmateriaal.



Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: seekoeie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.