Seekoei in Polokwane gewaar
2010-05-12 21:03
Johannesburg – ‘n Loslopende seekoei is Woensdag in ‘n dam naby Polokwane in Limpopo gesien, het die polisie gesê.
Omgewingsamptenare is uitgeroep om die dier te vang, het kol. Ronel Otto gesê.
“Ek was daar toe dit uit ‘n klein dam langs ‘n park te voorskyn gekom het.”
Sy was nie seker of die seekoei gevang is nie.
“Dit is nie ‘n saak vir die polisie nie, so ek het dit gelos en is nie seker wat met die seekoei gebeur het nie.”
Die SABC het berig dat die departement van omgewingsake hard aan die werk was om die dier te vang.
Inwoners van die omgewing is oor die seekoei gewaarsku en amptenare moet gekontak word indien die gewaar word.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter