Seekoei byt man dood
2011-11-13 16:08
Johannesburg – ‘n Man is by ‘n lodge buite Klerksdorp in die Noordwes deur ‘n seekoei doodgebyt, het paramedici gesê.
Die 52-jarige man, wat glo die eienaar van die lodge op die oewer van die Vaalrivier is, is Saterdagaand dood, het Jeffrey Wicks, ‘n woordvoerder vir Netcare 911, gesê.
Volgens Wicks het die man glo die dier mak gemaak.
Die man is glo talle kere deur die dier gebyt.
Geen verdere inligting is verskaf nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA