Schabir se aansoek lê by Zuma

2009-12-22 06:34
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik moenie te gou opgewonde raak oor ’n kwytskelding voor Kersdag nie.

Vincent Magwenya, pres. Jacob Zuma se woordvoerder, het gister bevestig Shaik se aansoek om presidentskwytskelding lê op die staatshoof se lessenaar, maar het gesê: “Dis onwaarskynlik dat hy binnekort ’n aankondiging gaan doen.”

Dit kom ná berigte en foto’s eergister in Beeld se suster­koerante Rapport en City Press wat aandui dat Shaik sy huis buite die amptelike ure van sy paroolvoorwaardes verlaat het.

Hy is in Durban gesien terwyl hy rondry in ’n luukse swart BMW en inkopies doen.

Shaik ontken dat hy iets verkeerd gedoen het.

Magwenya het verduidelik Shaik se aansoek om kwytskelding is een van talle wat deur die president oorweeg word.

Volgens hom is Zuma aan geen sperdatum gebonde nie en sal hy op grond van alle beskikbare feite ’n besluit neem.

“Shaik se aansoek sal soos enige ander beoordeel word. Hy sal nie spesiale behandeling kry nie en die president sal ’n aankondiging doen wanneer hy dit goed dink. Die kans dat dit binne die afsienbare toekoms gaan gebeur, is egter skraal,” het Magwenya gesê.

“Die aansoek is geruime tyd gelede ingedien en dateer van voor Zuma se ampstyd.”

Komm. Mnikelwa Nxele, waarnemende streekkommissaris van die departement van korrektiewe dienste in KwaZulu-Natal, het ’n dringende ondersoek na Shaik se optrede gelas.

“Ons het reeds met Shaik gesprek gevoer en sy kant van die saak sal in die verslag vervat word. Dit behoort vanmiddag (gister) of môreoggend (vandag) afgehandel te wees, waarna dit vir oorweging aan die minister van korrektiewe dienste (me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula) gestuur sal word.”

Cope het hom gister by die DA en die burgerregtegroep Afri­Forum aangesluit en Shaik se oënskynlike ongebondenheid veroordeel.

Phillip Dexter, Cope-LP en -woordvoerder, het in ’n verklaring gesê die party verwelkom Nxele se pogings om agter die kap van die byl te kom.

“Shaik is al op talle geleenthede in die openbaar afgeneem, sommige kere waar hy met ontspanningsaktiwiteite besig was.

“Dít nadat mnr. Ngconde Balfour, voormalige minister van korrektiewe dienste, nog in Maart gesê het Shaik is ‘dodelik siek’ en in die laaste stadiums van ’n terminale siekte.

“Hoewel gholf seker talle voordele het, is die behandeling van so ’n siektetoestand seker nie een van hulle nie.”

Dexter het gesê dit bewys daar bestaan een stel reëls vir die land se elite en ’n ander stel reëls vir Jan en alleman.

“Ons hoop die ondersoek is deeglik. As dit blyk gunsies is gedoen, sal ons die bron daarvan aan die kaak stel, selfs al lei dit na die uitvoerende gesag.

“Cope verwag in elk geval dat sy naam ingesluit sal word by ’n lys van name wat kwytskelding gaan kry. Ons veroordeel dit by voorbaat.”

- Die Burger


- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: schabir shaik  |  sa-politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.