Satawu-staking verby
2011-08-28 15:59
Johannesburg – Die vakbond Satawu (die Suid-Afrikaanse Vervoer- en Verwante Werkersunie) het 'n ooreenkoms onderteken wat 'n einde sal bring aan die drie week lange staking.
"Ons hoop dat die werkers gelukkig sal wees met die ooreenkoms, veral die loonverhoging wat oor die verwagtinge van konserwatiewe ekonome was," het Mamokgethi Reagoikanya Molopyane, woordvoerder van Satawu, Sondag gesê.
Die driejaar-ooreenkoms beloof 'n loonverhoging van 8%, 'n 13de tjek gelykstaande aan 'n maand se salaris en 'n werkweek van 35 uur.
Sy het gesê die vakbond glo dat die ooreekoms positiewe ontwikkelinge in die bedryf sal bevorder deur die verbeterde werktoestande.
Werkers sal na verwagting Maandag terugkeer werk toe.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA