Sataniese ritueel: Twee kry nie borgtog
2011-11-17 16:34
Johannesburg – Twee van die vyf verdagtes wat na bewering twee meisies tydens 'n sataniese ritueel aan die brand gesteek het, is in die Johannesburgse landdroshof borgtog geweier, berig RSG.
Die ander drie beskuldigdes sal Vrydag weer in die hof verskyn, wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen.
Landdros Lucas van Der Schyff sê daar is geen buitengewone omstandighede wat hom daarvan oortuig dat borgtog toegestaan moet word aan Lester Moody en Jeremy King nie. Albei is 18 jaar oud.
Vyf mans en 'n 16-jarige meisie staan tereg op aanklagte van moord en poging tot moord nadat hulle glo petrol op Kirsty Theologo en haar 14-jarige vriendin gegooi en hulle aan die brand gesteek het.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter