Sataniese ritueel: Groep wou meisie 'offer'

2011-11-17 07:02
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Twee moordbeskuldigdes het aan ’n familievriendin van Kirsty Theologo (18) beken hulle wou die meisie aan Satan offer soos ’n vers in Openbaring beskryf, het die Johannesburg-streekhof Woensdag gehoor.

Bernadette Lockhart, by wie Kirsty en haar 14-jarige vriendin soms gebly het, het getuig Harvey Isha (23) en ’n 16-jarige meisie wat ook van die moord op Kirsty aangekla word, het dit ’n dag ná die voorval aan haar gesê.

“Sy (die 16-jarige) het vir my gesê sy het gesien hoe Lindon (Wagner, 21) Kirsty se kop met ’n klip slaan. Sy het gesê dit was vir ’n satanistiese ritueel soos Openbaring 17 en 18 beskryf, van die prostituut wat na die altaar gebring en verbrand sal word en haar vleis wat geëet sal word,” het Lockhart getuig.

Die 16-jarige meisie, Isha, Wagner en Robin Harwood, Lester Evan Nathaniel Moody en Jeremy King (almal 18) staan tereg op aanklagte van moord op Kirsty, ’n gr.11-leerling aan die Hoërskool Die Fakkel, en poging tot moord op haar 14-jarige vriendin.

Ao. Joseph Yende, ondersoekbeampte, het Woensdag getuig Kirsty, die 14-jarige vriendin en die ses aangeklaagdes, was deel van ’n groep wat glo op 21 Oktober saam op een van die koppies agter The Glen-winkelkompleks in die suide van Johannesburg drank en dagga misbruik het.

Yende het getuig Isha het op pad soontoe petrol by ’n vulstasie gekoop. Op die koppie het van die aangeklaagdes ’n driehoek op die grond getrek en begin bid. Hy kon nie aan die hof verduidelik hoe of tot wie hulle gebid het nie, maar het wel gesê hy ondersoek ’n satanistiese verband in die misdaad.

“Daarna het van die aangeklaagdes Theologo begin wurg, haar vasgebind en petrol oor haar uitgegooi. Sy het teruggeveg, maar sy is met ’n klip oor die kop geslaan.” Die 14-jarige vriendin het brandwonde opgedoen toe sy haar brandende vriendin probeer help het. Sy sterk steeds in die hospitaal aan.

Lockhart het gesê dié meisie vrees die jong mans vir wat hulle aan haar en Kirsty gedoen het. “Hulle was almal vriende en as hulle so iets kan doen aan iemand wat hulle ken...” het Lockhart tranerig gesê.

Yende as Lockhart het gesê die gemeenskap sal ontevrede wees as die mans op borgtog vrygelaat word.

Slegs Moody en King se borgtogaansoek het voortgegaan nadat Isha aangedui het hy is nie reg om vir borgtog aansoek te doen nie.

Wagner en Harwood wil eers sielkundig waargeneem word voordat hul aansoek begin. Rod Montano, Moody en King se regsverteenwoordiger, het aangevoer sy kliënte is nie ’n vlugrisiko nie omdat hulle hulself aan die polisie oorgegee het. “Hulle is ook studente wat eksamens moet skryf.”

Die 16-jarige meisie het tot dusver apart van die vyf jong mans verskyn. In ’n voorlopige ondersoek is bevind sy moet as ’n minderjarige saam met die vyf aangekla word. Sy is vroeër in die sorg van haar ouers vrygelaat. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: satanisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.