Sarkozy wens Zuma geluk
2012-01-06 20:51
Johannesburg – Die geskiedenis van die ANC is ‘n bron van universele inspirasie, het die president van Frankryk, Nicolas Sarkozy, Vrydag gesê.
“Toe die ANC, wat oorspronklik begin is om die onderdrukte meerderheid se regte te verdedig, ongeregtigheid en geweld van die apartheidsregering in die gesig gestaar het, was hulle braaf en het hulle dialoog en onderhandelinge gekies,” het hy in ‘n brief aan president Jacob Zuma gesê.
Hy het verder gesê dat dit vir die hele Suid-Afrika die respek van die internasionale gemeenskap gebring het.
“Die ANC het al vir 18 jaar leiding gegee aan ‘n regering met wie die Franse owerhede bly is om mee saam te werk,” het Sarkozy gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA