Sanral: Geen dispuut oor tolpaaie
2011-08-17 16:29
Kaapstad – Daar is geen "dispuut" tussen die Nasionale Padagentskap (Sanral) en die stad Kaapstad nie, het die Padagentskap Woensdag in 'n verklaring gesê.
"Sanral en die stad Kaapstad is al die afgelope nege jaar in gesprek oor die projek," het Sanral in 'n verklaring gesê.
"Die stad Kaapstad is die geleentheid gebied om deel te wees van die prosesse voor die finale besluit deur die minister van vervoer gemaak is om die pad tot 'n tolpad te verklaar."
Die padagentskap het verder gesê daar is geen dispuut met die stad Kaapstad nie en dat hy oop is vir verdere gesprekke met die stad.
Die stad is gekant teen planne vir tolpaaie op die N1 en die N2 tussen die sentrale sakedistrik en die Kaapse Wynlanddistrik.
Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, paaie en stormwater, het 'n formele brief aan Sbu Ndebele, minister van vervoer geskryf.
"Indien die stad Kaapstad ontevrede is met die besluit om die projek goed te keur, kon hy teen die besluit appelleer, maar dit is nie gedoen nie."
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA