Sanparke se bestuur skokkend

2009-07-14 10:23
Tweets Share Share line Print

 Johannesburg - "Skokkend", was Diereregte Afrika (ARA) se reaksie op die nuus dat Sanparke honderde renosters en ander diere van die Kruger Nasionale Park wil verkoop. Jagters word ook toegelaat, en selfs aangemoedig, langs die grense van die wildtuin.

Michele Pickover, woordvoerder van ARA, het gesê: "Dit is nie net verregaande, kortsigtig en wreed nie, maar 'n onwettige en onwetenskaplike aksie wat die toonbeeld van swak bestuursbeleid is. Dit verpersoonlik die blatante verontagsaming van Sanparke se hooftaak: die beskerming van biodiversiteit en die plaaslike en internasionale erfenis-status van wildlewe, wat alle Suid-Afrikaners aan Sanparke toevertrou het.

Die aanval het gister gekom nadat minstens 10 van die 200 witrenosters wat onlangs op 'n veiling verkoop is, glo reeds gevrek het, berig Beeld.

Die organisasies is ook woedend omdat ’n renoster wat ’n Vrystaatse wildteler Vrydag by die wildtuin gekoop het, op die N4 tussen Witbank en Middelburg van ’n sleepwa afgeval het. Die sleepwa se band het glo gebars en dit het met renoster en al omgeslaan. Die dier het verskrik in die omgewing rondgehardloop voor dit gevang en weer op die sleepwa gelaai is.

“Die voorval bring talle etiese en morele kwessies ter sprake,” het me. Louise Joubert, eienaar van SanWild, ’n rehabilitasiesentrum en natuurreservaat naby Gravelotte in Limpopo, gister gesê.

Altesame 58 renosters is die afgelope 18 maande in die wildtuin vir hul horings gejag.

Sanparke wou gister geen vrae beantwoord nie en het gesê ’n dringende mediakonferensie sal vandag by sy hoofkantoor in Pretoria gehou word, berig Beeld.

 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.