Sangoma vas weens verkragting
2010-06-30 05:14
Johannesburg – ‘n 66-jarige tradisionele geneesheer is Dinsdagaand weens verkragting in hegtenis geneem, het die polisie in Johannesburg gesê.
“Hy het glo ‘n 21-jarige vrou tydens ‘n tradisionele seremonie verkrag,” het konst. Edwin Ntsheo, polisiewoordvoerder, gesê.
“Die vrou het hom genader vir hulp en hy het daarop aangedring dat sy al haar klere uittrek sodat hy haar kan bad.”
Die vrou het dit glo gedoen en is daarna verkrag. Die verdagte is in hegtenis geneem nadat die slagoffer hom aan die polisie geïdentifiseer het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA