Sanger se vriend by bedrogsindikaat betrek

2010-02-22 10:47
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die eienaar van die motor waarin die kwaito-ster Mandoza was toe dit verlede week gebots het, is in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by 'n bedrogsindikaat, het die Valke Maandag gesê.

Musa Zondi, woordvoerder vir die Valke, het gesê dié man en agt ander is Donderdagaand in Honeydew in hegtenis geneem.

Die mans, waarvan die meeste Zimbabwiërs is, het glo mense se identiteite gesteel, en lenings by banke gemaak om eiendom en voertuie te koop en dit dan weer verkoop. Toe die banke die eienaars probeer opspoor, het hulle in 'n muur vasgeloop.

The Times berig 'n ondersoek het begin toe die polisie 'n Mini Cooper gevind het waarin Mandoza, wie se regte naam Mduduzi Tshabalala is, beseer is toe dit teen 'n boom in Weltevreden Park gebots het.

Mandoza, wat kopbeserings opgedoen het, was glo in die agtersitplek, terwyl sy vriend – die eienaar van die motor – 45 minute later op die toneel opgedaag het.

Volgens Zondi het die Valke gesê die feit dat die inligting dieselfde tyd as die ondersoek na die ongeluk uitgekom het, blote toeval is.

Hy het gesê dit is moontlik dat nog mense in hegtenis geneem kan word soos die saak aangaan.

"Vir nou is dit net agt," het hy gesê.

Zondi het gesê Mandoza word nie op die oomblik by die ondersoek betrek nie, en is nie in hegtenis geneem nie.

– Sapa

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: mandoza  |  misdaad  |  bekendes  |  bedrog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Wonder ek nou ook, Sarie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.4i
2006
R 179,900.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.