Sanef, kabinet gaan praat oor mediatribunaal
2010-08-29 07:08
Johannesburg - Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) gaan vroeg in September met
die kabinet vergader oor die ANC se omstrede planne vir ’n
mediatribunaal, maar dit is onseker of pres. Jacob Zuma daar gaan wees.Die tribunaal, wat sterk steun in die ANC geniet, loop nou saam met ’n konsepwet om toegang tot inligting te beperk en word wyd gesien as ’n poging om die Suid-Afrikaanse media te muilband.
Mondli Makhanya, hoofredakteur van die Avusa-groep en voorsitter van Sanef se aksiekomitee wat bedreigings vir mediavryheid moet beveg, sê die doel van die vergadering is om dialoog tussen die partye te bewerkstellig en om die regering in te lig oor die media se vrese.
Zizi Kodwa, Zuma se segsman, sê egter die president se dagboek is “verskriklik vol”. Sover hy weet, het Zuma geen planne om redakteurs in die nabye toekoms te ontmoet nie.
Sanef vergader ook môre met nie-regeringsorganisasies en ander rolspelers om ’n gesamentlike plan van aksie op te stel om druk op die ANC te plaas om van sy mediatribunaal-plan af te sien, sê Makhanya.
“Ek kan nie praat oor die plan nie, want ek wil nie Maandag (môre) se vergadering vooruitloop nie,” het hy gesê.
* Intussen het die vakverbond Cosatu hom eergister gedistansieer van die mediatribunaal en die inligtingswetgewing.
Die voorgenome Wet op die Beskerming van Inligting kan nie in sy huidige vorm gesteun word nie, het Cosatu in ’n verklaring gesê.
“Cosatu kan nie iets ondersteun wat sal verseker dat korrupte individue beskerm word nie,” het Zwelinzima Vavi Donderdag aan joernaliste gesê.
“Dit is vir Cosatu baie eienaardig dat die regering nou soveel tyd hieraan bestee, terwyl baie belangriker kwessies… aandag verg.”
Húlle staan op vir vryheid van spraak
Persone en organisasies wat hul teenkanting uitgespreek het teen die ANC se beplande mediatribunaal en voorgestelde nuwe wetgewing wat toegang tot inligting sal beperk:
Skrywers en akademici
* Nadine Gordimer, Nobelpryswenner; * JM Coetzee, Nobelpryswenner; * André P. Brink; * Deon Meyer; * Zakes Mda; *Braam de Vries; *Chris Barnard; *Breyten Breytenbach; *Marlene van Niekerk; *Zoë Wicomb; *Damon Galgut; * Mandla Langa; *Etienne van Heerden; *prof. Hermann Giliomee; *Fred Khumalo, joernalis en skrywer; *Justice Malala, politieke kommentator; * prof. Ampie Coetzee; * John Miles; *Pieter Haasbroek; *Hein Willemse; *Jeanette Ferreira;
* dr. Charles Malan; letterkundige.
Organisasies
* Algemene Balieraad van Suid-Afrika; *Prokureursorde van Suid-Afrika; *Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid; *Bobby Godsell, namens
Besigheidsleierskap Suid-Afrika (BLSA), wat hoof uitvoerende beamptes
van 80 van Suid-Afrika se grootste sake-ondernemings
verteenwoordig;*Kaapse sakekamer; *Gareth Ackerman, Pick n
Pay-voorsitter.
Politiek, die kerk, aktiviste en internasionaal
*
Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu; * kardinaal Wilfrid Napier,
aartsbiskop van Durban; *Moeletsi Mbeki, broer van oudpres. Thabo Mbeki;
*Tokyo Sexwale, minister van huisvesting (ANC); *dr. Mamphela
Ramphele, aktivis en sakeleier; *oudpres. F.W. de Klerk; *dr. Pallo
Jordan, oudminister van kuns en kultuur; *Pik Botha, oudminister
van buitelandse sake; *Donald Gips, Amerikaanse ambassadeur in
Suid-Afrika; *Betrand Pecquerie, direkteur van die
Wêreld-redakteursforum (WEF); *Tali Nates, direkteur van die
Holocaust and Genocide Centre in Johannesburg; *Federation of Unions
of SA (Fedusa); *Treatment Action Campaign (TAC); *SANGONeT,
internet-inligtingswebtuiste vir nie-regeringsorganisasies; *Instituut
vir Sekerheidstudie (ISS); *DA; *PAC; *OD; *ACDP; *Azapo; *Cope; *VF+.
Media
*Joe Thloloe, persombundsman; *Suid-Afrikaanse Nasionale
Redakteursforum; *Nasionale Persklub; *Instituut vir Vryheid van Spraak
(IVS); *Joel Simon van die komitee om joernaliste te beskerm (CPJ);
*Vereniging vir Professionele Joernaliste in Suid-Afrika;
*Internasionale Persinstituut (IPI); *29 spotprenttekenaars, o.a.
Jonathan Shapiro, John Curtis, Jeremy Nell, Mark Wiggett en Brandan
Reynolds; *Max du Preez, veteraan-joernalis; * Harvey Tyson,
oudredakteur van The Star; * William Bird, direkteur van Media
Monitoring Africa; *prof. Anton Harber, hoof van joernalistiek, Wits;
*Raymond Louw, mediakenner van die Suid-Afrikaanse Redakteursforum;
*Media-instituut vir Suider-Afrika (Misa); *Ton Vosloo,
nie-uitvoerende hoof van Naspers; *Ainsley Moos, redakteur van
Volksblad; * Alan Dunn, redakteur van Daily News; * Alide Dasnois,
redakteur van Cape Times; * Andrew Koopman, redakteur van Son en Sondag
Son; * Andrew Trench, redakteur van Daily Dispatch; * Angela Quintal,
redakteur van The Mercury; * Barney Mthombothi, redakteur van Financial
Mail; * Bongani Keswa, redakteur van Sowetan; *Bun Booyens, redakteur
van Die Burger; *Charles Mogale, redakteur van Sunday World; * Chiara
Carter, redakteur van Weekend Argus. * Chris Whitfield, redakteur van
Independent Newspapers Cape; * Clyde Bawden, redakteur van The
Independent on Saturday; * Dirk Lotriet, redakteur van Sondag; * Ferial
Haffajee, redakteur van City Press ; * Fikile Ntsikelelo Moya, redakteur
van The Witness ; * Jeremy McCabe, redakteur van Weekend Post ; *
Gasant Abarder, redakteur Cape Argus; * Heather Robertson, redakteur van
The Herald; * Jovial Rantao, redakteur van The Star; * Liza Albrecht,
redakteur van Rapport; * Makhudu Sefara, redakteur van The Sunday
Independent; * Martin Williams, redakteur van The Citizen; * Moegsien
Williams, redakteur van The Star; * Mondli Makhanya, redakteur van
Avusa; * Nic Dawes, redakteur van Mail & Guardian; * Peet Kruger,
redakteur van Media24; * Peter Bruce, redakteur van Business Day; *
Philani Mgwaba, redakteur van Sunday Tribune; * Phylicia Oppelt,
redakteur van The Times; * Ray Hartley, redakteur van Sunday Times; *
Thabo Leshilo, redakteur van Avusa; * Themba Khumalo, redakteur van
Daily Sun; *Tim du Plessis, redakteur van Beeld; * Thulani Mbatha,
redakteur van Isolezwe; *Zingisa Mkhuma, redakteur van Pretoria News.
- Rapport