Samwu-werkers gooi glo petrolbom op bus
2011-08-25 14:20
Kaapstad – Stakende werkers van die munisipale vakbond Samwu, het Donderdagoggend glo 'n petrolbom op 'n Golden Arrow-bus in Kaapstad gegooi.
Die voertuig is by die ou Harare-terminus in Khayelitsha aan die brand gesteek terwyl passasiers besig was om in te klim.
Francois Meyer van Golden Arrow het gesê die brandweer het vinnig reageer, maar was steeds te laat om die brand te blus.
"Die passasiers het toe weg van die bus beweeg, maar die bus is heeltemal verwoes."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter